所属专辑:Hartland
时长: 02:24
Liefdesraaisel - Coenie De Villiers/Errol Dyers[00:00:00]
Vir jou sal ek lief bly het sy een nag gesweer[00:00:04]
En dit werklik bedoel het sy later beweer[00:00:07]
Ja ek kry die motor en sy kry die kind[00:00:11]
Om die hofsaak te skik word die liefde weer blind weer blind[00:00:15]
Beloftes ten spyt is ons só uitmekaar[00:00:23]
Om elkeen die lewe weer alleen in te vaar[00:00:27]
Om ondanks die letsels dalk weer te probeer[00:00:30]
Want sommige lesse word selde geleer[00:00:34]
Die liefde is meedoënloos[00:00:38]
Dit maak jou stukkend maak jou broos[00:00:42]
Al soek jy iewers dieper in[00:00:46]
Dit bly steeds 'n raaisel hoe minaars bemin[00:00:49]
Die onskuld se fleur is vir ewig verby[00:00:57]
Die minnares in my bed het haar liefde bely[00:01:00]
Ko's maak 'n baba het sy saggies gesê[00:01:04]
En ek dink dit was toe wat ons albei wou hê[00:01:08]
Wou hê[00:01:12]
Maar later na twaalf na te veel Chardonnay[00:01:16]
Was die oeroue drang vir die nag reeds verby[00:01:19]
Haar asem se ritme reëlmatig en soet[00:01:23]
Maar dis jou wat ek mis wat my snags so laat boet[00:01:27]
Die liefde is meedoënloos[00:01:32]
Dit maak jou stukkend dit maak jou broos[00:01:35]
Al soek jy iewers dieper in[00:01:38]
Dit bly steeds 'n raaisel hoe minaars bemin ya[00:01:42]
Die liefde is meedoënloos[00:01:46]
Dit maak jou stukkend dit maak jou broos a[00:01:49]
Al soek jy iewers dieper in[00:01:54]
Dit bly steeds 'n raaisel hoe minaars bemin oh oh[00:01:57]
Minaars bemin[00:02:10]